Home
Who is Baby Love?
Contact Us
Benefits of Baby Love
Our Programs
Our Services
Sleep training
Gift vouchers
Success Stories
Nannies
Singletons
Twins, triplets, quads
Toddler Love
Support
Become a Baby Love Consultant
Media
Links
|
Success Stories
On the following pages, Baby Love 'graduate' families share their stories of encouragement and success with you. These families have personally experienced the negative implications of sleep deprivation and they have personally implemented our sleep training and are now reaping the benefits of well rested nights which results in a happy family!
Should you wish to be like these families, then simply email and a Baby Love Consultant will contact you shortly.
Should you wish to include your own Baby Love success story on this page, please email your story and pictures to us at , or simply complete the form at the bottom of the page.
Enjoy!
Ane Teichert (4˝ months)
Liefste Cilna
Ané was 4 en 'n half maande toe ek 'n afspraak met Cilna gemaak het en haar ontmoet. Ek moet erken, ek was nogsteeds skepties, maar het gevoel ek wil dit 'n kans gee want ek het regtig nie meer geweet watter kant toe nie.
Dag een van die program was een van die moeilikste dae vir my. Ané het met haar 1ste oggend slapie 'n uur lank gehuil voordat sy aan die slaap geraak het en sy weet dit nie maar ek het ook in die hoekie gesit en huil. Toe sy uiteindelik aan die slaap raak het ek verder in ons kamer gehuil en vir my man gesę ek weet nie hoekom ek hierdie doen nie. Ek het met haar tweede slapie my asem opgehou en sy het na net 30min van huil gesettle en haar 3de slapie het sy na net 15min gesettle. Daardie aand het sy net eenkeer wakker geword en ook maar net omdat sy haar dummy gesoek het.
Ek het die volgende oggend soos 'n nuwe mens gevoel en het toe besluit om die program enduit te volg. Ané het op dag 16 van die program deurgeslaap en ek kon nie my oë glo nie.
Cilna, vandag was ons laaste dag van die 21 dae program en jou woorde weergalm in my ore: "jy sal nie spyt wees nie en jy sal nooit terugkyk nie". Jy was reg gewees en ek is baie dankbaar vir jou.
Baie baie dankie dat jy ons gehelp het. Ek voel weer soos 'n mens en ek is nou die mamma vir Ané wat ek van die begin af wou wees.
Baie liefde Rejuan, Werner en Ané
DO YOU HAVE A BABY LOVE SUCCESS STORY OF YOUR OWN? Please email it to
|