Home
Who is Baby Love?
Contact Us
Benefits of Baby Love
Our Programs
Our Services
Sleep training
Gift vouchers
Success Stories
Nannies
Singletons
Twins, triplets, quads
Toddler Love
Support
Become a Baby Love Consultant
Media
Links
|
Success Stories
On the following pages, Baby Love 'graduate' families share their stories of encouragement and success with you. These families have personally experienced the negative implications of sleep deprivation and they have personally implemented our sleep training and are now reaping the benefits of well rested nights which results in a happy family!
Should you wish to be like these families, then simply email and a Baby Love Consultant will contact you shortly.
Should you wish to include your own Baby Love success story on this page, please email your story and pictures to us at , or simply complete the form at the bottom of the page.
Enjoy!
Nathan van der Merwe (2.5 years)
Hi Cilna
Eerstens wil ons baie dankie sê dat jy tyd afgestaan het op 'n Saterdag om ons te sien wat van Secunda af kom, en jy het ons omtrent op ons gemak gehad en tuis laat voel.
Daar is nog nie een dag dat ons spyt is ons het jou kom sien nie, baie dankie vir die Baby love program!
Nathan is nou twee en 'n half, en ons kon letterlik op een hand tel hoeveelkeer hy deurgeslaap het, hy was 'n koliek baba, en het gesukkel met reflux. Ons het als probeer,
Van wat die dokter voorgestel het, tot boererate to oor die toonbank medisyne. Ons het gesukkel met 'n roetine omdat hy baie min geslaap het, so ons het elke oomblik wat
Hy geslaap het hom gelos dat hy en ons kan rus, almal het gesê vanaf 3 maande sal dit beter gaan, maar terfergeefs het ons uitgesien. 4 maande het dievolgende gesê, en later
Was dit 6 maande.. teen daardie tyd was die koliek minder, maar ons was vasgevang in 'n wêreld sonder roetine, 'n wêreld waar ons als gedoen het sodat ons almal
Maksimum slaap kon inkry. Hy het op daardie stadium by ons in die bed begin slaap, later op 'n matras in ons kamer. Net voor hy 2 geword het, het ons die besluit gemaak om
Hom in na sy eie kamer te skuif, met moeite het ons dit hanteer want op 'n slegte aand het ons seker meer as 10 keer opgestaan omdat hy onrustig was of gehuil het.
Almal in die huis was partykeer Zombies, en hy was moeilik deur die dag.
Ons kon hom net aan die slaap kry deur by hom te lê terwyl hy aan die slaap raak, en deur bottel te gee..
Al die gedagtes van "ons is seker slegte ouers, want hoekom slaap ander mense se kleintjies deur" was daar, en voor ons moed verloor het, toe hoor ons van Baby love. Na lang gewik en geweeg het ons
Uiteindelik 'n aspraak gemaak, en ons kyk nog nie een dag terug nie.
Ons het rerig net kritiek verwag met ons situasie, maar Cilna het ons gou verseker dat ons al 90% daar is, ons moet net 'n ander riglyne probeer.
Ons het dieselfde naweek al begin, die eerste aand was die ergste, maar van aand 2 af kon ons klaar verbetering sien. Hy het een tot twee keer maks wakker geword.
Soms het ons nog 'n slegte aand of twee, maar dis gewoonlik agv van night terrors of as daar iets fout is, andersins bestudeer ons net weer die handleiding en probeer weer.
Nathan word nou op sy eie aan die slaap met die aand, en die middagslapie en ons glimlag breed.. hy slaap nog nie altyd 100% deur nie, maar daai 1 of 2 keer tel rerig nie teen 10+ kere se
Opstaan nie.
Baie dankie Baby love vir dit wat julle doen, julle gee hoop waar daar niks meer was nie.
DO YOU HAVE A BABY LOVE SUCCESS STORY OF YOUR OWN? Please email it to
|