Routine & Sleep Training For Babies Designed For Happy Families. Lovingly guide your baby in the gentle art of unassisted sleep.
Home

Who is Baby Love?

Contact Us

Benefits of Baby Love

Our Programs

Our Services

Sleep training

Gift vouchers

Baby Love Success Stories

Baby Love Nannies

Baby Love Singletons

Baby Love Twins, triplets, quads

Baby Love Toddler Love

Support

Become a Baby Love Consultant

Media

Links

Success Stories

On the following pages, Baby Love 'graduate' families share their stories of encouragement and success with you. These families have personally experienced the negative implications of sleep deprivation and they have personally implemented our sleep training and are now reaping the benefits of well rested nights which results in a happy family!

Should you wish to be like these families, then simply email and a Baby Love Consultant will contact you shortly.

Should you wish to include your own Baby Love success story on this page, please email your story and pictures to us at , or simply complete the form at the bottom of the page.
Enjoy!

Sandre van Heerden (2 years 6 months)

Sandre van Heerden (2 years 6 months)

Ek weet as enigiemand na hierdie 'engelgesiggie' kyk, sal jy nie kan glo sy het in 'n monstertjie verander sodra dit slaaptyd was nie! Ons hele lewe was ontwrig! Sy was 'n moeilike slaper van geboorte af, sy het net 2 keer in haar lewe in 'n kot geslaap, want as jy haar neergele het, het sy begin skree (dis nou nadat ek vir n uur gesukkel het om haar aan die slaap ook te kry!) Nodeloos om te se, is die kot opgeslaan na 2 weke en sy het in ons bed geslaap tot 2 jaar en 7 maande. Ek moes haar as baba aan die slaap sus, en ROF sus terwyl ek haar moes styf vasdruk. Toe sy ouer word, het ek al om die blok gery, terwyl sy in haar karstoeltjie is, om haar aan die slaap te ry.

Met die peuterjare, was ons al gewoond daaraan dat 4 uit 7 aande sy eers na 10 aan die slaap geraak het. Sy het nooit in die bed aan die slaap geraak nie, dit was bloumoord geskreeuery vir langer as n uur, so erg dat sy naar geword het. Sy het net voor by die televisiekamer op die bank aan die slaap geraak, so of ek of my man was ook gedwing om dan natuurlik tot 10 uur/11uur wakker te bly. Soms as ons nie meer kon wakker bly nie, het ons haar in die bed by ons laat le terwyl ons 'n fliek gekyk het, dan slaap ons al lankal en sy sal nog wakker wees. Sy slaap ook dwars, so my kop het meerendeels op bedkassie gele, ek en my man kon nooit meer langs mekaar le nie! Sy het 3 bottels in n nag deurgedrink, as sy nie bottel gekry het waarvoor sy gevra het nie, het sy aangehou huil tot sy dit gekry het. Haar doek moes ook dan maw 2 keer 'n nag omgeruil word, of die lakens was nat, want die doek sou dan lek. Praat van intimideer, ek weet, maar jy kom op 'n punt wat jy enigiets vir jou kind sal doen, solank jy net kan slaap!

Ons was orals (behalwe by Baby Love), by 'n arbeidsterapeut, biokinetikus, pediater en suster wie n kinderpraktyk het. Sy is selfs getoets vir suiker (dit is in die familie), oor die baie bottel drinkery. Gelukkig negatief! Ons het ook slaap medikasie probeer. Niks het 'n verskil gemaak nie!

Ons het maar aanvaar dat ons maar net n energieke meisiekind het en dat sy nou maar eenmaal net nie baie slaap nodig het nie. Sy het net na sy 2 geword het, een oggend 'n week skooltjie toe begin gaan en die juffrou het gese sy is moeg by die skool en sy funksioneer nie optimaal nie.

Toe besluit ons genoeg is genoeg en kry vir Marlene van Baby Love in!

Ons het haar winkels toe geneem om 'n 'koester beertjie' uit te kies, mooi aan haar verduidelik sy is nou 'n groot meisiekind, sy gaan nou in haar eie kamer slaap en geen bottel in die nag meer kry nie. Ons het baie streng die program gevolg, dit was nie eers moeilik nie! Die derde nag het sy dwarsdeur van 7 tot 7 deurgeslaap!

Ek noem dit Niks minder as 'n WONDERWERK nie!

Dankie Baby Love en Marlene!
Anli van Heerden

Baby LoveNannies

Baby LoveNewborn to 2 months

Baby Love3 to 4 months

Baby Love5 to 6 months

Baby Love7 to 9 months

Baby Love10 to 12 months

Baby Love13 to 18 months

Baby Love19 to 24 months

Baby LoveTwins, triplets, quads

Baby LoveToddler Love

DO YOU HAVE A BABY LOVE SUCCESS STORY OF YOUR OWN? Please email it to